Fototoer:
Damaraland, Kaokoveld & Etosha

'n Selfrytoer van 22 Junie tot 5 Julie 2021 (14 dae, 13 nagte)


Damaraland, Kaokoveld en Etosha

Op hierdie toer ervaar jy:
Spitzkoppe - Uis - Brandberg - Damaraland - Ugabrivier - Goantagabrivier - Twyfelfontein - Aba-Huabrivier - Palmwag-konsessie - Mudoribrivier - Hoanibrivier - Sesfontein - Warmquelle - Ongongo - Opuwo - Kaokoland - Epupawaterval - Kunenerivier - Etosha

Akkommodasie: Gerieflike tente
Koste: R23 850 p.p.
Besprekings: info@heuningland.com of skakel Liezl op 072 243 5251

Ingesluit:

  • Drie maaltye per dag (vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 14)
  • Gids, sjef ∓ fotografiese instrukteur
  • Alle parkfooie
  • 13 nagte se akkommodasie
  • Professionele karradios
  • Tente en breekgoed

Uitgesluit:

  • Voertuigonkostes soos brandstof, grenstariewe, ensovoorts
  • Persoonlike drankies en versnaperinge
  • Beddegoed
  • Visums (Suid-Afrikaanse burgers het nie visums nodig nie)
  • Covid-toets (jy moet vooraf 'n toets laat doen en jou negatiewe uitslag by die grens kan wys; die toets mag nie ouer as 7 dae wees nie)

Ons Reis:
Hierdie 14-dag toer is 'n avontuur van begin tot einde. Ons kombineer klassieke Namibiese bestemmings soos Etosha- nasionale park, Twyfelfontein se rotsgravures en Epupawaterval met minder bekende uithoeke van Damaraland en Kaokoland. Die landskappe wissel van uitgestrekte vlaktes met vreemde plantegroei, ruwe bergwoestyn en droe rivierlope (waar woestynolifante hou) na voelryke oewerbos waar palmbome staan langs die Kunenerivier in die noorde van Namibie

Damaraland, Kaokoveld en Etosha


Die toer is saamgestel met die oog op amateurfotograwe wat hulle fotografie wil verbeter, asook diegene wat Namibie se wildernis wil geniet in die geselskap van 'n ervare toergids. Die bekende reisjoernalis Toast Coetzer vergesel die toer en hy sal jou help om jou kamera te bemeester sodat jy die beste uit jou toerusting kan kry. Die reisplan is ook so uitgewerk sodat daar elke dag spesifieke fotogeleenthede is waar jy verseker kan wees van puik foto
Professionele gids Douwe Vlok (Heuningland-toere) lei die toer. Hy word bygestaan deur 'n klein maar gedugte span wat sal sorg dat daar altyd 'n heerlike maaltyd vir jou wag by die kampterrein waar jou tent ook reeds opgeslaan staan.

Dag 1:

Ons ontmoet die middag by Spitzkoppe naby Usakos. Spitzkoppe is 'n inselberg 'n rotsmassa wat dramaties uitstaan bo die omliggende woestynvloer. Reeds op 'n afstand maak dit vir mooi foto's maar sodra jy aan die voet van die granietrotse kom, en die laatmiddaglig begin hulle in rooi te tooi, dan sal jou kamera behoorlik warm raak soos jy gaan foto's neem! Selfs al neem jy nie foto's nie: sit in stilte en geniet die grootsheid van hierdie spesiale plek.

Teen sonsondergang neem ons fotos by die Boogrots, en daarna ontspan ons om die kampvuur waar die toerleier die reisplan sal bespreek.

Toast is elke dag tot jou beskikking. Dit maak nie saak of jy net met jou selfoon foto's neem en of jy 'n D-SLR-kamera het met 'n sak vol lense nie. Jy kan jou vrae vra, en Toast sal help. As jy nie 'n fotograaf is nie, maak dit ook glad nie saak nie. Drink die tonele in met die oog, of trek jou verkyker nader om die detail te sien.



Damaraland, Kaokoveld en Etosha


Dag 2:

'n vroee ontbyt en oggendfoto's reis ons noord na die dorpie Uis, waar ons brandstof kan ingooi en ys koop (ja, ys in Uis!). Ons ry naby Brandberg (Namibie se hoogste berg) verby en vat tweespoorpaaie van die Ugab- na die Goantagabrivier. Hierdie is Damaraland op sy mooiste, en ons ry deur 'n area waar die gedruis van toeriste nooit kom nie.

Ons bereik die gewilde area rondom Twyfelfontein, waar ons gaan kyk na die Verbrande Berg en die Orrelpype 'n interessante klipformasie. Ons oornag langs die Aba-Huabrivier een van die droe rivierlope waar woestynolifante soms gesien word.



Dag 3:

Na ontbyt besoek ons die rotsgravures by Twyfelfontein, 'n Werelderfenisgebied. Dit is geen gewone rotskunsterrein nie: hier is honderde dier- en mensfigure uitgekerf op klippanele, waarvan sommige etlike meter lank is. Jy sien als van die "Dansende Koedoe" tot selfs n pikkewyn!

Hiervandaan ry ons noord na Palmwag, en die landskap verander soos ons ry. Kyk uit vir wild soos sebras en kameelperde padlangs. Dit raak meer bergagtig en skynbaar nog meer onherbergsaam, maar by Palmwag vind ons goeie herberg vir die aand: hier is 'n swembad en warm storte. Geniet dit vir oulaas, want vir die volgende paar dae is sulke luukses ons nie beskore nie!

By Palmwag is ook brandstof, en ons maak tenks vol en vul drink- en waswater aan vir die wildernis wat voorle.



Damaraland, Kaokoveld en Etosha


Dag 4:

Vir die volgende drie dae verken ons 'n konsessiegebied noordwes van Palmwag. Min mense kom hier, want jy het 'n 4x4 nodig en moet ten volle selfversorgend wees. Dit is ook 'n houplek van die skaars swartrenoster met geluk sien ons een.

Die eerste aand in die konsessiegebied kamp ons op die vlakte naby Xai-As, 'n drinkplek vir die wilde diere wat hier oorleef. Jy moet sorg vir jou eie drink- en waswater, maar ons logistieke span sal 'n bostoilet opslaan en 'n skerm oprig waar jy 'n emmerstort kan geniet.



Dag 5 & 6:

Die 4x4-roete wat ons volg lei ons in die droe loop van die Mudoribrivier af. Die droe rivierlope van die noordweste van Namibie is unieke ekosisteme. Groot kameeldoring- en anabome lok wild soos olifante en kameelperde hier is selfs nog leeus, en dalk loop ons 'n bruinhiena raak. Kyk uit vir skaars roofvoels soos die witborsjakkalsvoel, en moenie van die klein diertjies vergeet nie: hier hou ook Namakwa-verkleurmannetjies.

Wanneer daar reen geval het in die somer is daar plek-plek lappies weiding waar springbokke, gemsbokke en steenbokkies gesien kan word. Die vreemde welwitschia-plante, wat ouer as 1000 jaar kan word, groei ook in die area.

Ons kamp twee aande langs die Mudoribrivier sodat ons tyd het om diere te soek en die wildernis ordentlik te kan beleef. Ons ry na die Hoanibrivier en ook 'n watergat genaamd Presidentswater waar ons beste kans is om wild te sien.



Dag 7:

Ons ry in die droe Hoanibrivier op tot by Sesfontein, 'n dorpie waar ons kan brandstof ingooi en inkopies doen (nog ys, ja!). Dan ry ons na nabygelee Warmquelle waar ons net noord van die plekkie kamp by Ongongo, uitgele langs 'n pragtige fonteinpoel. Swem was lanklaas so lekker!



Damaraland, Kaokoveld en Etosha


Dag 8 & 9:

Ons val vroeg in die pad en ry oor die ruwe Joubertpas na bedrywige Opuwo, die grootste dorp in die streek. Padlangs neem ons landelike tonele af ons ry nou die wereld van die OvaHimba binne, en Kaokoland le in elke rigting om ons.

Nadat ons voorrade aanvul in Opuwo ry ons verder noord tot by die Kunenerivier, waar die wonderlike Epupawaterval vir ons wag. Ons slaap twee aande hier, want dis een van die mooiste plekke in die ganse Namibie

Laatmiddag neem ons stelling in op die koppie wat uitkyk oor die valle, wat bestaan uit 'n hoofval en etlike kleiner watervalle wat oor die hele wydte van die Kunenerivier strek, van die Namibie-oewer tot aan die Angola-oewer.

Die kampplek is idillies, met die geruis van die waterval in die agtergrond, en die palms wat saans bo jou wieg.

Vroegdag die volgende oggend besoek ons 'n Himba-nedersetting waar ons meer leer van hul kultuur en leefwyse as beesboere in hierdie klipharde, droe area. Middagete is terug by die kamp. Daarna kan jy ontspan tot laatmiddag, wanneer Toast 'n fotoneemekspedisie lei teen die rivier af.



Dag 10:

Vandag draai on s suidwaarts, maar die toer is nog glad nie verby nie! Ons ry weer deur Opuwo en dan teerpadlangs tot by die Galtonhek aan die westelike grens van Etosha- nasionale park. Hierdie deel van die park sien min besoekers, en ons kan rustig wild kyk tot by Olifantsrus, waar ons kampeer vir die aand. Dit is 'n klein, stil kampplek met 'n watergat wat saans verlig word sodat jy kan sien wat na sonsondergang kom drink.



Damaraland, Kaokoveld en Etosha


Dag 11, 12 & 13:

Hierdie deel van die toer bied die beste wildlewefotogeleenthede, want diere en voels is volop in Etosha, terwyl die kenmerkende wit vlaktes van die panne 'n onmiskenbare agtergrond bied vir die soms massas diere wat saamdrom om watergate. Ons ry vandag na Halali-ruskamp waar ons vir drie aande gaan oorstaan. Op pad talm ons by Okaukuejo-ruskamp se watergat waar ons middagete geniet.

Halali se watergat is effens weg van die ruskamp en jy kyk vanaf 'n hoogtetjie op die diere soos hulle kom drink. Dit bied totaal ander fotoneemgeleenthede as bv. die meer bekende watergat by Okaukuejo.

Oor hierdie drie dae geniet ons die diere, ons ry bedags rond van watergat na watergat en soek leeus, jagluiperds, luiperds, olifante en vlaktewild. Saans kuier ons saam om die kampvuur by Halali. In hierdie dae sal diegene wat wil ook tyd kry om hulle foto's vir Toast te wys vir kommentaar en terugvoer.



Dag 14:

Na twee weke se pure plesier groet ons mekaar vandag - tot volgende keer!



Praktiese inligting:

  • Slegs die groot grensposte (Vioolsdrif/Noordoewer en Nakop/Ariamsvlei) is tans oop tussen Suid-Afrika en Namibie. Moenie een van die kleineres probeer gebruik nie.
  • Maak seker jy bring jou negatiewe Covid-toets (nie ouer as 7 dae nie) saam na die grens. Daarsonder kan jy nie Suid-Afrika verlaat nie. Vergewis jouself van die nuutste Covid- maatreels voor jou vertrek.
  • Daar is wel Covid-toetsfasiliteite by die grens maar neem in ag dat dit jou deurgang deur die grens kan vertraag indien daar baie mense is wat getoets moet word. Die blitstoets by die grens kos in die omgewing van R350. Indien jy nie weer iewers in Namibie 'n Covid-toets laat doen nie, kan jy met jou terugreis na Suid-Afrika van hierdie fasiliteit gebruik maak, want jy sal weer 'n negatiewe toetsuitslag moet he voor jy Suid-Afrika mag binnekom.
  • Dra jou masker ten alle tye by die grenspos, en reken ekstra tyd by vir die grenskruising, omdat daar tans effe meer papierwerk te doen is. Dit is egter steeds doodeenvoudig om die grens oor te steek!
  • Die beste voertuig vir hierdie toer is 'n gerieflike bakkie of sportnutsvoertuig (SUV) met goeie grondvryhoogte en 4x4 (noodsaaklik).
Damaraland, Kaokoveld en Etosha